Die Boere Oorlog in Lied
SINGLE
Sedert Jan van Riebeeck in 1652 voet aanwal gesit het in die Kaap en die Franse Hugenote in 1688 geland het, het nuwe volke ontstaan. Daar was lyding, pyn en misnoeë maar hul kulturele Europese ondervinding het hulle gehelp om deur baanbreker werk 'n volk te laat groei net soos ander nasies hulself oor die wêreld gevestig het. Met die Britse besetting van die Kaap in 1795 het landsgenote van opinie begin verskil en dit het gekulmineer in die wegtrek uit die Kaap en die 1ste en 2de Anglo Boer-oorloe. Suid Afrika was geen uitsondering nie, want die Amerikas het toe alreeds burger oorloë ervaar. "Ons is Boere" som die karakter van die Boerevolk op. Daar word gesê dat die tweede Boere Oorlog "'n oorlog was wat nooit moes plaas gevind het nie". "Wat in die hel was dit voor" beaam die stelling. Generaal Koos de la Rey, "Die Leeu van die Weste" was 'n bemiddellaar van vrede. Hy was gevrees deur die Britte maar steeds het hul eindelose respek vir hom gehad. "Skud hand met De La Rey". 'n Ware verhaal wat afspeel tussen Ventersdorp en Klerksdorp bevestig die stelling. Steeds in die Noordwes lees ons van De La Rey wat onsuksesvol was toe hy 'n Britse kamp by Swartruggens wou Kaap: die storie staan bekend as "Die slag van Elandsrivier"...
1. Ons is Boere
2, Wat in die Hel was dit voor
3. Skud hand met De La Rey
4. Die Slag van Elandsrivier
5. Boere Krygers
6. Tommie se Dagboek
7. Vreesloos
8. Die Heuwel by Magersfontein
9. Vlug Weg
10. Britse Tommy Atkins
11. Geseënde Engele
12. Sarie Marais
13. Ons Vlag